ddisselblom oppie Plaas

Ek soek nog die hele tyd die oranje cd van ddisselblom… vandag kom Johrné verby en gee hom vir my.

Yeah! Uiteindelik kan ek weer terug gevat word na ‘n spesifieke tyd.

Buite rook ek en Hanrie onder die bome, die tuin. Johrné kom uit, hyt ‘n noot-vir-noot sexy karretjie…ons gesels en praat karre en musiek. Hy haal die nuuste cd uit. Ek vat hom, Hanrie kry moervrou…dit voel soos kersfees.

By die huis druk ek die oranje ene in die dvd player. “Nee, ek ken die ene. Dis nie hy nie.” Ek druk die nuwe ene in en dit begin met karre wat toet en verkeer. “Dis hy!”

Ek begin dans, loop uit en kyk op – opsoek na die sterre. Dis bewolk, maar dit gee nie om nie… Die nuwe ene lok my terug na n spesifieke tyd en plek, nie hier nie.

Dit was ek ‘n saterdagoggend in 2013 oppie plaas alleen in ‘n huis met ddisselblom.

Ek smile

Dis AL. Punt

Iets het in my keel kom sit. Soms gebeur dit,
ander kere elke 2de dag.
Dit sit daar.
Wat is die probleem?
Tegnies niks…
maar ons het nie met ‘n rekenaar te doen nie.

‘n Siel
‘n Wese
‘n Liefde

Ek speel Charlie Boy van Lumineers – die song maak die ding in my keel groter.

-Elke 2de dag
Wat van die ander dae?
Dis fine – let op na die woord fine. As ek nie fine is nie – dan sê ek juis ek is fine. Ironies

Iemand het eenkeer op FB gesê: “Dis okay as alles nie okay is nie”.

The Fixer

Gestroop – lê – op die hoogste piek – by die berge – geen mure. Niks

Geen

Charlie Boy speel – herhaal – soos die ding in my keel.
Hy herhaal homself –
die afgelope tyd bietjies te veel.
Veel.

Bietjie bietjie
Tree vir tree

MY CHARLIE BOY

Hierdie is moeilik.

Nie om te praat nie –
maar here goes:

Ek’t jou lief. (Met my hele Diana-hart)
Soos somers en op gras lê
Musiek
en see-vakansies
soos roomys deel
en skelm smile vir mekaar.

Ek’t jou lief
soos party mense die gym lief het.
En honde
En gesels

Ek’t jou lief meer as tjoklits en Bloemfontein.
En al is dit in die vlakte
of in my kop.

‘n Revelation re-born

Ek’t jou lief in warm somers
Rugkrap
en aandete

Lief

WOW!

Dis nie aanmaak liefde nie.

Wat gaan aan?

Die knop in my keel is beter.

Ek smile weer.

Dis al. Punt

Ver

Stilte
Gekom en gegaan
Verveeld
Vervelig

JY

Geduld
Ophou dink

Lê op die gras
staar na die sterre,
ek het belowe ek sal jou drome bewaar
en jou hart vashou
jou siel oppas

Maar ongeduldig
Dit was te veel van verlange.

VER

Ek het opgemors
en toe weer jammer gesê

Ons het ooreen gestem –
en spyt kom te laat.

Altyd te laat

Onbekende

My hart lê nog by die berge,
ek wil hom nou asb terug hê…
want sonder my hart kan ek nie funksioneer nie
ek kan nie Diana wees nie.

Hierdie keer?

Atleast weet ek ek is lewendig.
Want net mense wat ‘n einde van iets ervaar met emosie is lewendig.

Ek is lewendig.
Ek sal weer asemhaal,
en terug sit
en smile.
Want jy, onbekende is oppad.

En jy sal my hart kom steel.

Maar vir eers, moet ek hom gesond kry.

Volg vervolg

My gedagtes is leeg as ek aan jou dink.
Geen meer warmte en emosie nie, maar eers weer as stilte nader kom en ek sit op die bank
dan
hou jy my vas sonder enige voorkeur
het jy my lief sonder enige twyfel
dans jy met my onder die straatlig.
Ek ontplof
ek wil jou menswees vasvang in tyd
jou alles stoor in my gedagtes
jou hand styf vashou
die lyne van jou volmaakte lyf volg
tyd herhaal
alles so innig
my drome vir jou fluister, saggies tot later waar ek stilletjies in jou arms aan die slaap raak.
Volg my en staar saam my die toekoms in.
Geluk by die ongeluk, jy’t ‘n ander tyd gekies.
Op die bank – ek – alleen.

Perfek

Ek keer terug na myself as almal weg is.
Dan skop realiteit my op die gat, ek struikel-struikel voorentoe.

Gaan sit.
Light ‘n sigarette
en dink
Rerig?

Ja…

Ek donner nie sommer goed op nie –
ek skryf beter, ander kere net sleg.

STOP

Word wakker, stort, jaag
hou myself besig
Weet daar is rus op ‘n ander plek
Kom terug
Dink, haal asem, tjoklits
Rook, slaap, bid, koffie
dink
JY

STOP

Maak stories, lees stories, lag
Dink
Koop, google, jaag werk toe
hou by myself
Redineer, bid
Kyk vir die maan
Staar
Bewonder
Wonder

Ek’t gewonder
maar hou dit vir myself…

Useless conversations
mense
tyd
drome

Wat is alles?

STOP!

Ek is perfek…

SAM_0804
Maart 2013 – Heroldsbaai