Liela en die vrou

Die vrou het op Liela geskree
En die volgende dag het die vrou op Facebook gepost hoe #blessed sy is.

Liela kon nie verstaan
Hoekom die vrou op haar skree nie
‘n Wild vreemde vrou
‘n Vrou wat nie eers vir Liela ken nie.

Dis eers later
Dat Liela besef het die vrou het pyn.
Die feit dat die vrou met mense werk
beteken nie die vrou kan met mense werk nie.

Liela het besef dat almal seer ronddra, en die mense wat die toughste probeer voorkom, die meeste pyn het.

Die mense wat die hartste probeer skree is die mense:
Wat die meeste bagasie saamdra
Wat die minste vergewe
Wat die minste luister
Wat die meeste dink hulle is reg

Liela probeer vergeet van die vrou
Maar Liela kan nie.

didi-se-dorings---lielaFoto krediet

Advertisements

Fringe

My ouma het gesê: ek moet ‘n fringe dra, want my voorkop is groot.

Fringe dra is nie vir my nie.
Fringe dra het maak dat ‘n st.4 onderwyser my fringe met ‘n toutjie vasgemaak het, en my so laat rondloop het die res van die dag (pouse ingesluit).

Fringe dra is makliker in Durban, waar jou hare vinniger groei.

Fringe dra is vir hare maar nie vir almal nie.

Maak ‘n kopskuif

Life is real

Ons is suppose om kwaad te word
Ons is suppose om te huil
Ons moet lief hê
Ons moet lag
Ons moet soms nie kan verstaan nie
Ons is suppose om te groei
Ons is suppose om ouer te word

Ons moet in die reën dans
Ons moet na die sonsopkoms kyk
Ons moet huil oor iemand wat ons verloor het en vir God vra hoekom
Ons moet lag
Ons moet op gras lê
Ons moet teken, al is dit ‘n stokmannetjie
Ons kan maar soms nostalgies wees
Ons kan maar soms net sit
En stil wees
En besef
Ons is lewendig

Life is real, darling
Jy is lewendig
Jy is emosie
Jy is

didi-se-dorings---life-is-realFoto krediet

Groet die son

Ek verf perfekte reëndruppels teen die muur
saggies loop ek kaalvoet oor die gras.
Ek hoor die voëls
en proe die oggend.

Getuig ek dan nou
Die son het gekom
Na week van reën
Het daglig my verstom

Die son het sy opwagting gemaak
Gelukkig
Dans die plante

Die reën het kom dans vir die week
Dit was ‘n geveg van water en son
Reën

Reën vir ‘n week
My kop vol dof
My gelaat bedroef

Maar toe vanoggend!
Verf die son alles lig oranje
Teen die muur

Ek loop saggies oor die gras
Hoor hoe die voëls gesels
En groet die son

Son

Blou

Soms in die aande
Luister ek na die magtige see
Die diep blou
Met sy roerende golwe
Brander na brander
Blou
Diep blou oë
As ek staar tot in jou siel
Hand in joune
En daar verdrink in jou liefde
Blou
Lig blou lug
Waar voëls iewers heen swerf
Wolke ‘n ritmiese dans uitvoer
En engele en God bly

Dis die blou van die see wat die dood uitspoel
Dis die blou van die oe wat die liefde herwin
Dis die blou van die lug wat die onweer voorspel

Dis die blou wat klou
Dis die blou wat raas
Dis die blou wat kerm
Dis die blou wat lief het

Blou

didi se dorings - blou